CouchSurfing

CouchSurfing.org is ‘n hospitality website en ek wil soveel moonlik mense urge om dit te gaan uitcheck. Ek en W het al heavy baie daarvan gebruik gemaak en ook jarre baie teruggeploeg en ek kan eerlikwaar nie se watter deel was meer fun nie.

Basies gaan registreer jy op die website en bou ‘n profile, much like facebook etc. Dan state jy of jy ‘n couch beskikbaar het of nie, dan surf jy en ander mense surf jou raak ens ens. As jy die surf deel doen, soek jy ‘n couch in die area waarheen jy oppad is om te gaan reis en lees die ou se profiel, as dit lyk of julle compatible is, vra jy of jy sy couch kan surf die en daai datum. Die persoon check jou profiel, besluit of hy van jou hou en antwoord yea or nea. Indien yea, viola! ‘n free plek om te bly en inside info into die stad, kultuur, cheap restaurante – whatever, a wealth of info en sekerlik die beste manier om te travel.

Wanneer real life weer oorneem en jy is terug in jou eie huis stel jy dit weer oop vir ander, maar net as dit jou pas. Jy is under no obligation whatsoever nie, jy kan selfs vir travelers se, sorry jy kan nie hier bly nie maar kom ons ontmoet vir koffie dan gee ek jou ‘n paar pointers. Ek moet se dit is super fun om net in die middel van die week ‘n random persoon te he wat kuier, niks verwag nie – gewoonlik selfs kos maak of ten minste opruim en verfrisende conversation bied. Ek en W het nie ‘n tv nie, by the way (ons het ‘n projektor en jarre baie flieks op die rekenaar en ek kyk documentaries van documentaryheaven.com af), so dit is vir ons heavy cool om eerder iemand strange se filosofie oor die lewe te bespreek of selfs strange werk wat hulle doen – dis soveel lekkerder om jou besig te hou mense eerder as goeters. So ek urge almal, probeer dit, al is dit net eenkeer.

P.S. Soek ons op, username: Coetzees

Ootlet

Yippie-ke-yay! Ek het die eerste outlet vir my my boeke gekry. Tzekout www.ahappyplacecreation.co.za/ Dis ‘n gallery in Loop straat, Leatherbacks sal daar beskikbaar wees oor so 3 weke!

Hi Ho Hi Ho it of to making shizloads of stock I go

Conquering the Cape!

It’s been a while
Miljuisende dinge het die afgelope paar maande gebeur. W het werk gekry in Kaapstad toe move ek, hy en Kitty met die merc en die volla in tow Kaap toe. Kitty het veral die trip deur die karoo geniet, sy het heeltyd op my rugleuning gelê en tuur in die eindelose vlaktes in. Sy’t seker iets gedink in die lyn van:

“‘n Measly stukkie shatterprufe glas tussen my en freedom… eendag, eendag sal ek vry wees soos daai spikkelitjies wat sekerlik skape moet wees daar yonder oor die randjies.. ja eendag sal ek my humanoids uitoorlê en vry wees. Maar vir nou sal ek bietjie op my rug lê en purr terwyl iemand my magie krap”
Hier aangekom het ons eers in ‘n flippen sweetnes huis gebly op Boyes drive in Muizenberg. Dis ‘n vriend in Stockholm se huis en die deal was net tydelik, terwyl ons ons eie nessie skrop, maar mahn, wat ‘n pozzie. So in die tussentyd het ons ‘n plekkie gekry in Harfield Village, ‘n baie cool cottage tipe huisie met ‘n hoë plafon en hout vloere maar geen kaggel, en die ysbere blaas al hulle asems hier teen die ruite.

Maar soos ek genoem het, W het ‘n suave corporate job gekry by ‘n internasionale  maatskappy. Toe, net na ons hierheen getrek het, al ons aardse goete verkoop het daaikant en nuwes hier aangeskaf het, het W ‘n volle 8 dae gehandle voor hy bedank het! ‘n Nuwe rekord vir hom. Hy het op dag 7 besluit genoeg is genoeg, gou na werk ‘n ander ou gesien en vir hom ‘n ander – way meer relaxed – werkie los geslaan en die volgende dag met sy bedankingsbrief in die hand en ‘n smile op die bakkies by corporate en co ingestap. (en kort daarna uitgestap)

Ek, aan die anderkant het vir my ‘n ou omie opgespoor wat lus gelyk het om my te leer om boeke te restoureer en my daar ingewurm. Nou help ek by sy studio maar ek bind eintlik die bevange-ste joernale van recycled, acid-free papier en offcuts leer en hout. Sien www.leatherbacks.co.za (behoort binne die volgende week in volle glorie sy plekkie op die web vol te staan)

Ek geniet dit moerse baie om die boeke te maak. Dis regtig super hoë kwaliteit, suurvrye materiale en die binding en materiale sal honderde jare hou en dit lyk flippen sweet to boot!

Dis baie cool as mense hulle ou boeke na jou toe bring, party nog met die oorspronklike handgemaakte marbled paper binne. Ek – navorser van formaat – is op ‘n mission om uit te vind waar sekere kleure en patrone vandaan kom want mens kan van die boeke se ouderdom en oorsprong bepaal van die marbled paper of die bindingstegniek wat gebruik is – uber geeky, super cool.

So dis die deal. Tzekuit my boeke, kom kuier in die Kaap, los ‘n comment

Leatherbacks logo

Beroof

Gerda se kop lig skielik op en, asof om haar kop se boontoe beweging te versnel, maak sy haar mond oop en suig vinnig asem in. Sy hou haar asem in sodat die subtiele geruis nie haar gehoor sal beperk nie.  Haar oë is wawyd oop gesper want vir ‘n oomblik is sy oortuig sy kan beter hoor met haar oë oop. Skielik onthou sy om asem te haal sy skrik byna vir die geruis wat haar eie liggaam voortbring. Stadig en nogsteeds doodstil asem sy weer in.. en uit. Sy maak haar oë nog wyer oop om soveel moontlik lig op die diafragma te weerkaats en probeer om deur die swart muur van die nag te kyk.

.

.

Terwyl ‘n lid van die forensiese span – met behulp van fyn poeier – vingerafdrukke van gladde oppervlaktes af lig, ondervra die inspekteur ‘n buurvrou om uit te vind of sy enige iets gehoor het. ‘n Lid van die skoonmaak span lig sy een wenkbrou toe hy die stof indruk sien waar die televisie moontlik gestaan het. ‘n Paramedikus kom uit die gang en stoot ‘n draagbaar op wiele. Die oppervlakte is bedek met ‘n liggaam in plastiek gewikkel en die agterwiel maak ‘n skreeusleep geluid. Terwyl die inspekteur en die buurvrou opsy skuif sodat hy die draagbaar deur die agterdeur kan stoot, messel die lego blokkie wat die agterwiel rem hom stewiger in, en die draagbaar ruk skrams terug. Met die remslag blaai die plasiek omhulsel oop en ontbloot gesperde oë wat lyk asof hulle probeer om soveel moontlik lig op die diafragma te laat weerkaats.

Posted in: Pen by Hanlie 1 Comment ,

Aaargh! (2)

Gepraat van Aargh!, ek het onlangs uitgevind daar bestaan so ding soos die Wilhelm Skreeu. Dit is ‘n standaard klankgreep – blykbaar deur Sheb Wooly – wat in talle films gebruik is. Vir ‘n skreeusnaakse (’scuse the pun) kompilasie, tsekkit hier.

Dit is deesdae my persoonlike missie om hom in films te spot.

aaargh!

Was by die tandarts vanoggend, die gevoel is nou weer ten volle terug… die pyn ook :(

Posted in: Verbale Diarree by Hanlie No Comments , ,

http://xkcd.com/165/

turn signals

Limeriek

Ek het dit lank terug iewers gelees, ek dink dit is Philip de Vos s’n

My niggie, Aletta Legransie
is ‘n baie preutse ou gansie.
Sy word wel gedek,
maar met alle respek,
dit is slegs deur die assuransie

Posted in: Verbale Diarree by Hanlie 1 Comment

Die Dorsland Trek

Ek bevind my nou hier in hierdie land wat ek al amper half, met behulp van die media, geeien het. Bigger and better, land of the free. Dis reg ladies en gents, die VS van A. (more…)

Posted in: Verbale Diarree by Hanlie 1 Comment ,

Roof

As mens nog steeds in die bad lê na ‘n hele Huisgenoot-bielieblokraai, twee sigarette, dan weer warm water, hare was en die gewone reinigings-ritueel, word elke imperfeksie op jou vel so effens beklemtoon. Ek lê en verwonder my oor die landskap van my vingerafdruk, en so deur die stoom en skuim gewaar ek die los velletjie op die puntjie van my duim… (more…)

Posted in: Pen by Hanlie No Comments ,